Dear Valued Customers, as the year concludes, we want to express our gratitude for your continuous support. Our annual break is scheduled from 17 December to 15 January, during which our team will be recharging for the new year. While you can still place orders on our website, please be aware that order fulfillment will resume on 16 January 2024.

Koebaai Momtrepreneur. 

Enige entrepreneur wat haar sout werd is sal vir jou kan sê: “The dream is free. The hussle is sold separately.”

 Ek en Charmaine ken van Hussle. Ons sal ‘n boek kan skryf oor Hussle. ‘n Dik boek met hoofstukke oor laatnag voorleggings vir ‘n projek-borg, slim sente omdraai vir ‘n volgende oplaag, ure stoei met ‘n sosiale media veldtog, nuwe stories, nuwe idees, beter bestuur.   Maar dan moet die Hussle soms plek maak vir ‘n Side-Hussle tot jy genoeg fondse het om weer te fokus op die Hussle.   Soos waneer Charmaine kruie in ‘n tonnel kweek ; Side Hussle.  En ek motiveringspraatjies doen by vroue-oggende ; Side Hussle.

As die rekeninge en die skoolfonds weer betaal is, keer ons noodgedwonge terug na die droom:  Stories.

 Ons het nou vir vyf jaar gespeel in die SME arena as “momtrepreneurs”.  Dis nou daardie trop entrepreneurs wat uitgeken word aan die ektra ma-wees doenlysie bo en behalwe die doenlysie wat die Hussle vereis.  Ek is egter nou reg om van hierdie “momtrepreneur” etiket afstand te doen.  Dit kom voor asof mense ‘n spoegdoek oor jou skouer en ‘n kots-streep op jou hemp verwag en jou dan ‘n neerhalende kwasi-simpatieke klop-op-die-skouer kyk gee as jy by die vergadering instap of vir ‘n belegging aansoek doen.

Sien my sukses losstaande van my pakkie by die huis, meneer.  Met die pre-teen chaos by die Van der Merwe woning het jy niks te make nie.

Elon Musk staan nie bekend as ‘n “Dadtrepreneur” nie, of hoe?

Ná 5 jaar van eers versigtig op die kantlyn toekyk, toe waaghalsig tone in die water steek en later in die junior ligas speel, het Murray & Me in 2020 haar grootmeisie stewels aangetrek.  Sy IS nou die Hussle.

Die witbord in die kantoor pryk kleurvol met tydlyne. Die projekte is beplan en bevestig. Twee publikasies lê en wag vir die drukkerye om te open. Rekeninge, kunstenaars, vertalers, skrywers en medewerkers moet betaal word. Soos vele ander SME ‘s kou ons naels oor hoe ons dit gaan maak?

Ons sal berge versit om nie hierdie maatskappy toe te maak nie, en jy kan help.

So hier is my pleidooi:Koop solank ‘n kinderboek. Koop 2! ( Ons lewer GRATIS af sodra ons die groen lig kry)

‘Hou van’ en ‘Deel’ ons sosiale media bladsye met vriende.

Stuur fotos en getuigskrifte van jou klein boekwurms met ons boeke na info@murrayandme.co.za

Deel fotos van ons boeke met jou WhatsApp klasgroep – idiome is pret vir Afrikaans!

Dankie dat jy sal help.

Boek – groete van my huis-kantoor na joune,

 Milan

FOTO :  light logo

 

 

 

Older Post
Newer Post

Leave a comment

Please note, comments must be approved before they are published

Close (esc)

SUBSCRIBE TO OUR NEWSLETTER

We wont spam you, just a newsletter here and there

Age verification

By clicking enter you are verifying that you are old enough to consume alcohol.

Search

Shopping Cart

Your cart is currently empty.
Shop now