Dear Valued Customers, as the year concludes, we want to express our gratitude for your continuous support. Our annual break is scheduled from 17 December to 15 January, during which our team will be recharging for the new year. While you can still place orders on our website, please be aware that order fulfillment will resume on 16 January 2024.

Die Vroue in ons trop | Murray & Me

In September 2020 sal die twee dinamiese vroue agter die Murray & Me handelsmerk hulle sesde Afrikaanse kinderboek vrystel. Aktrise Milan Murray en entrepreneur Charmaine Nolte is al onder Afrikaanssprekende ouers bekend vir hulle eiesoortige kinderboekfabriek, Murray & Me, wat fokus op prenteboekpublikasies vir ses- tot negejariges.

 

Die Husse en die Klein Jakkalsies het lesers reeds aan die gons, al word hierdie nuwe prenteboek eers in September amptelik vrygestel.

 

Alhoewel die duo sedert 2015 alleen aan hulle maatskappy bou, is daar vier ander ystervroue wat agter die skerms woeker.

 “The strength of the pack is the wolf, and the strength of the wolf is the pack,” haal Milan aan uit die gewilde The Jungle Book fliek. “Ons het vroeg geleer van ‘the power of the pack’,” sê sy in ’n onderhoud oor die viering van vrouemaand.

Marisa du Toit se illustrasies is sinoniem met Murray & Me se idioomreeks. Kliënte is gaande oor haar perspektief en unieke styl. “Marisa is ’n muse,” sê Charmaine, wat erken dat sy reeds voor die stigting van hierdie maatskappy verlief was op Marisa se werk. Sy woon wel in Pretoria, maar sy is net ’n WhatsApp ver. Dis juis tydens middernagtelike oor-en-weer-boodskappe wat die meeste van hierdie drie se samewerking en gekonkel gebeur!

 

Annake Spies is Murray & Me se regterhand. Sy is soms ook die linkerhand, die hande wat stut, die hande wat dra en die hande wat red. Dis ook die hande met kleeflintsnytjies op die duime en wysvingers van al die pakkies verpak, toedraai en uitstuur.

 

Milan noem Carla Masson Murray & Me se Juffrou Rottenmeier. “Sy’s lieflik vriendelik, maar heng, sy’s deeglik. Elke komma en elke punt het sy plek,” lag sy oor hierdie bekwame taalversorger. Sy beskou vir Carla as ’n onmisbare deel van die span. “Ons het destyds ons eerste boek aangepak sonder geld en dus sonder broodnodige kundiges soos ’n taalversorger. Vandag sal ek nie ’n pamflet uitgee sonder Carla se valk-oog nie!”

  

Natalie McCulloch raak net so opgewonde oor kinderboeke soos Murray & Me. Om ’n prenteboek se bladuitleg te doen, is vir haar ’n oase tussen al die korporatiewe en akademiese publikasies. “Natalie het ’n fyn waarneming as dit kom by spasie, balans en ontwerp, en wanneer ’n finale dokument drukgereed op my rekenaar lê, weet ek elke sentimeter van elke bladsy is gefynkam,” sê Charmaine.

 

Murray & Me dra hierdie skrywe op aan die vier vroue agter die skerms.

“Ons lig ons glas lockdown-borrels op hierdie fenomenale trop!”

  

 

 

 

 

 

Older Post
Newer Post

Leave a comment

Please note, comments must be approved before they are published

Close (esc)

SUBSCRIBE TO OUR NEWSLETTER

We wont spam you, just a newsletter here and there

Age verification

By clicking enter you are verifying that you are old enough to consume alcohol.

Search

Shopping Cart

Your cart is currently empty.
Shop now