Dear Valued Customers, as the year concludes, we want to express our gratitude for your continuous support. Our annual break is scheduled from 17 December to 15 January, during which our team will be recharging for the new year. While you can still place orders on our website, please be aware that order fulfillment will resume on 16 January 2024.

OM OP 90 TE LEER LEES

Ek lees weer vandag die mooi artikel oor die 90jarige ouma-grootjie van Kenya wat saam met haar agterkleinkinders in die skoolbanke sit en leer lees. Wat ‘n kragtige prentjie?

Die plooie lê diep spore op haar gesig. Sy was vir 65 jaar ‘n vroedvrou in haar dorpie - sy het selfs van haar eie klasmaats help in die lewe bring! Maar op 90 is sy reeds 5 jaar lank op die skoolbanke, besig om te leer lees. 

Murray & Me vier vandag, saam met die res van die wêreld, internasionale geletterdheidsdag. Ons hele besigheid is gebou op die voorreg van lees, die vashou van ‘n boek en die magie van stories. Ons vergeet hoe maklik ons en ons kinders geletterdheid sommer so saam met ons pap inkry. Amper toevallig. Of outomaties.

A is vir Appel.

B is vir Bus.

Ons kan dit amper nie eers meer onthou nie.

Toegang tot boeke is ook nie vir almal ewe maklik nie. Ons vergeet dat iets wat vir ons alledaags is, soos ‘n biblioteek-kaart, slegs beskikbaar is vir mense met ‘n munisipale rekening. Nie almal se pad na geletterdheid is geteer nie.

Suid Afrika se geletterdheidsyfers lyk al baie beter as vroeër, maar die skaal leun steeds oor na die verkeerde kant.

So skenk ‘n boek. Skenk twee. Doen moeite om ‘n boek in ‘n kind se moedertaal te vind, want dis wanneer ons in die spieël van ‘n storie kan kyk in ons eie taal, dat ons onsself duidelik kan sien. 

Ek wonder watter boek die oumagrootjie van Kenya eerste wil lees...

Stories is afleiding, berigte deel inligting, briewe bied konneksie, handboeke gee kennis, dagboeke is terapie, spirituele tekste gee vertroosting. 

Wat het jy vandag gelees? 

Dalk net ‘n Whatsapp van jou ouma?  Wat ‘n voorreg.


Milan Murray



Older Post
Newer Post

Leave a comment

Please note, comments must be approved before they are published

Close (esc)

SUBSCRIBE TO OUR NEWSLETTER

We wont spam you, just a newsletter here and there

Age verification

By clicking enter you are verifying that you are old enough to consume alcohol.

Search

Shopping Cart

Your cart is currently empty.
Shop now