Dear Valued Customers, as the year concludes, we want to express our gratitude for your continuous support. Our annual break is scheduled from 17 December to 15 January, during which our team will be recharging for the new year. While you can still place orders on our website, please be aware that order fulfillment will resume on 16 January 2024.

Winde van verandering waai vir Murray & Me

Die koffiewinkel met sy groen leerbanke is al ‘n ou bekende.  Hier is baie stories gebore, planne gemaak en nuwe publikasies gevier.

Vandag sit Murray (Milan) & Me (Charmaine) vir oulaas en klink ‘n glasie op nuwe avonture. Ja, die winde van verandering waai  deur die solderkamer wat vir die afgelope 5 jaar ons kinderboekfabriek se kantore was.

Met borrels in die hand blaai ons vanoggend deur al die fotos van ons mylpale: ons eerste besoek aan die drukker om Pieter Kokkewieter se kleurpalet goed te keur, die vele nagte van pakkies toedraai, ons eerste pragtige toedraaipapier! Die geboorte van Hetta, die silwerskerm sukses van Kromkieriefontein, die haas wat op die ou end ‘n ‘Hus’ geword het!

 

“Onthou jy?” vra Charmaine en skuif nog ‘n foto oor die tafel. “Kyk hierdie een!” lag Milan en wys na een van Marisa se eerste sketse van Thomas. Een - een blaai ons ook deur al die herinneringe van ons boekbekendstellings waar vriende en vreemdes saam partytjie hou: die borge, die gunsies, die moeite, die ondersteuning van so baie.

 

 

Ons raak nostalgies oor al die kliente wat so lojaal by ons bestel het.  Ons onthou ‘n sekere tannie wat ons ure op die foon besig gehou het met terugvoer oor haar kleinkinders se reaksie op ons boeke!

 Na 6 suksesvolle kinderboek publikasies trek Murray & Me vanaf 23 Maart ‘n nuwe baadjie aan. As woekerende entrepreneurs is ons duidelik bewus van die veranderende literatuur landskap asook die uitdagings wat die pandemie vir klein besighede bring.

Murray & Me sal voortaan dus bedryf word as ‘n uitgewer maar ook as 'n opwindende aanlyn boekrak waar talle plaaslike werke beskikbaar sal wees.  Charmaine gooi die deure oop vir enige plaaslike skrywer of uitgewer wat hulle boeke en ‘boek-verwante’ produkte hier wil uitstal. ( Kontak haar gerus by me@murrayandme.co.za)

Milan groet as direkteur van die maatskappy, maar sal as vryskud skrywer betrokke bly. Haar reeks kinderjoernale, getiteld “My Storie” sal ook op die Murray & Me boekrak beskikbaar wees.

   

Klink saam met ons ‘n glasie op nuwe uitdagings en nuwe horisonne!  Lank lewe Murray & Me in sy nuwe jassie! 

 Boek- groete van ons vir oulaas,

Milan en Charmaine

Older Post
Newer Post

Leave a comment

Please note, comments must be approved before they are published

Close (esc)

SUBSCRIBE TO OUR NEWSLETTER

We wont spam you, just a newsletter here and there

Age verification

By clicking enter you are verifying that you are old enough to consume alcohol.

Search

Shopping Cart

Your cart is currently empty.
Shop now